Tydens die Mini Brag het die leerders van Punt in hul massas agter die sportspanne aangestap na die Van Riebeeck stadion. Hier is hulle, span vir span, aan die res van die skool bekendgestel Elke span het sy eie vlag ontwerp en dit was ‘n pragtige gesig om te aanskou met die see in die agtergrond. Die dirigente en Sharkie het weer die leisels geneem en gesorg vir ‘n lekker atmosfeer met baie gees. Na die seremonie het almal na die netbalbane verskuif waar die personeel en prefekte op die netbalbaan teen mekaar te staan gekom het. Dit het maar sukkel-sukkel gegaan maar die eindtelling was 14 doele elk.
‘n Dag vol trots, gees en pret soos dit net by die Visse kan wees. Hoe kan dit dan nou anders met die pragtig see op die agtergrond en reendruppels wat kort-kort val. Proudly Punt