5th February 2020

Metropolitan 2020

Hoërskool Punt se jaarlikse Metropolitan was weereens ‘n reusesukses. Ons “Gorries” het soos in die verlede weer pragtige hoede en perdjies gemaak. Die res van die skool het toegekyk terwyl die Gr 8-dogters met hul pragtige hoed (hul eie skeppings) op die loopblank geparadeer het. Die Gr. 8-seuns het weer op ‘n hindernis baan teen mekaar gekompeteer met hul perde (eie skeppings) in die hand.

Ons gr. 12-leerders het pragtig gelyk in hul uitrustings, wat gepas was vir enige spoggerige geleentheid. Die res van die skool kon gekleurde strikdassies en gekleure linte by hul normale skooldrag dra. ‘n Pragtige kleurvolle gesig!

Ons ouers wat die geleentheid bygewoon het, het die dag in die son baie geniet en ook lekker gelag vir die glyende “perde” op die hindernisbaan.

Baie dankie aan Me. Schoeman, Mnr. Botha en prefekte vir die skitterende dag wat jul aangebied het. Ons wil ook ons borge wat gehelp het om van die dag ‘n suskses te maak, bedank. Die dames van die OOV het soos gewoonlik ook hul kant gebring om die droë kele en honger magies te vul!

Proudly Point!

Foto deur: Francois B Photography