15th January 2020

Matriekuitslae vir 2019

Weereens doen Hoërskool Punt tradisie gestand deur skitterende uitslae vir 2019 te lewer. Baie geluk aan ons matriekgroep. Julle het julself skitterend van jul taak gekwyt. Ongelukkig het die 100% slaagsyfer ons ontwyk, vanweë die 1 kandidaat wat onsuksesvol was. Punt behaal ‘n slaagsyfer van 99.5%.

Wat die oes van onderskeidings betref, was dit voorwaar ‘n besonderse jaar. Vanjaar behaal 19 kandidate ’n A-gemiddeld. In totaal het Hoërskool Punt se matrieks 265 vakonderskeidings behaal. Voorwaar iets om op opreg trots te wees. Chanté van der Spuy is vanjaar die Top-kandidaat met 8 onderskeidings en ‘n gemiddeld van 94%. Sy word ook aangewys as die Wes-Kaap se top kandidaat vir Visuele Kuns.

Hoërskool Punt is veral trots op die pragtige matriekvrystelling-syfer wat behaal is, naamlik 86.9%. Daar is min skole in die land wat dit kan nadoen.

Ons spog ook met die titel as een van die Top 20 skole in die land wat die meeste onderskeidings in Afrikaans HT behaal het.

Die volgende leerders behaal ‘n A-gemiddeld:

VAN DER SPUY, Chanté,94% met 8 onderskeidings
SNYMAN, Christi 92% met 7 onderskeidings
VERMAAK, Johandri 90% met 8 onderskeidings
ELS, Irisa 89% met 7 onderskeidings
BOTHA, Hester (Terena) 88% met 7 onderskeidings
BARNARD, Johannes (Hansie) 88% met 6 onderskeidings
BARKER, Thomas 86% met 6 onderskeidings
TERBLANCHE, Christelle 86% met 8 onderskeidings
REDELINGHUYS, Delize 88% met 6 onderskeidings
MEINTJES, Chanelle 86% met 7 onderskeidings
KOEN, Shané 85% met 6 onderskeidings
WARNEY, Lorenné 83% met 5 onderskeidings
SMITH, Ray 83% met 6 onderskeidings
ANDERSON, Kyle 83% met 4 onderskeidings
FROST, Michael 83% met 5 onderskeidings
JOHNSON, Charlene 81% met 4 onderskeidings
HEPPELL, Reevan 80% met 4 onderskeidings
GOUSSARD, Onicke 80% met 4 onderskeidings
HOUGH, Izaan 80% met 4 onderskeidings

Aan elke matrikulant wat sy of haar beste gelewer het wil ons baie geluk sê. Aan ons ouers baie dankie vir u volgehoue ondersteuning en baie geluk met u kind se pragtige prestasies.

Aan elke personeellid van Hoërskool Punt. Dankie vir u harde werk en toewyding. Weereens vlieg u hoog. U harde werk en diens aan die gemeenskap word opreg waardeer en raakgesien.

Baie sterkte aan elke matrikulant vir jul toekomsplanne en studies. Hoërskool Punt hou jul dop, maak ons trots.

Adolf Gouws (Skoolhoof )