Op Saterdag, 7 Maart 2020 het verskeie Punt-sportspanne, aan die Loerie-Sportdag deelgeneem. Dit was geweldig warm en die spanne moes alles gee tydens hul eerste wedstryde van die seisoen.
Rugby:
Die volgende Punt-rugbyspanne het aan die Sportdag deelgeneem:
Die o.15A-span het eerste gespeel en wen die wedstryd teen Knysna oortuigend 29 – 6. Die span het goeie aanvallende rugby gespeel en is verseker reg vir die seisoen.
Die o.16A-span begin ook die seisoen baie goed deur Wittedrift 35 – 0 te wen. Dit voorspel groot dinge vir die seisoen wat voorlê.
Die o.19A-span het teen Oakdale B te staan gekom en verloor ongelukkig 7 – 47. Die wedstryd is in baie goeie gees gespeel en Punt se afrigters en spelers is baie tevrede met die kombinasies en spelpatroon wat getoets is. Ons sien uit na ‘n goeie 2020-seisoen.
Spelers van die wedstryd:
o.15: Cameron Joubert
o.16: Dylan Boshoff
o.19B: Agterspeler: Heinrich Kamineth
o.19A: Voorspeler: Luluma Magusha
Hokkie:
o. 16A-seuns:
Gelykop 0 elk teen Langehoven Gimnasium
Wen 2-0 teen Wittedrift
Verloor 0-1 teen Knysna
o. 19B-dogters:
Verloor 0-1 teen Knysna se o. 19A
Gelykop 0 elk teen Struisies o. 19B
Gelykop 0 elk teen Wittedrift o. 19A
Foto 1 / Photo 1: Dogters o. 18B-hokkiespan
Voor: Ché-lyn Gower, Daneil Ruiters, Douwleen Conradie, Zenith Seconds
Agter: Anke de Swart, Zeonelda Pieterse, Amelea Canary, Nina Kolesky, Elaine van der Berg, Lindy de Wet, Bonny Young, Elizmor Olivier, Me. C. D’Elboux (afrigter)