– LiveLife tussen die Canolas-
Raai Raai
Wat het Lente… Canola-lande … die eksamen is amper verby …ingemeen?
Antwoord = dus son … geel … en…glimlaggende fotograwe = LiveLife
30 van Hoërskool Punt se fotograwe het hierdie raaisel gaan oordink, beoefen en die tema “Live Life” gaan uitleef op die prag Canola-lande net buite Mosselbaai.
Dit was ‘n vreugdevolle uitstappie en daar was eintlik nie ‘n oomblik van stilte nie… want tussen die opgewonde giggels en die “click” van die kameras is die prag lande gevul met ‘n unieke energie. As jy fotograwe loslaat…kan selfs ‘n klippie in ‘n Canola-land omskep word in iets spesiaals…dit begin leef!
Ons het voorbereid gegaan met “props” van alle soorte…helder T-hemde sodat juffrou ons kan raaksien… daar was selfs ‘n model om seker te maak ons oefen als wat ons die jaar geleer het, op een dag …
Dus tekstuur, lyne, patrone, voorgrond-middel-agtergrond, derdes, reguit horisonne, kleure,
en kreatiwiteit…dink uit die geel boks uit …
…dit was ‘n droomdag vir ‘n fotograaf…
… tussen die Canolas kon elke fotograaf net weer besef… my foto is uniek en ek wil elke oomblik vasvang om my storie te vertel soos ek dit sien … geel is nie altyd dieselfde geel nie… Live Life …