18th April 2019

Koekies vir Boekies!

HYPI se Boekies vir Koekies projek:

Leerders skenk boeke of tydskrifte aan die projek. Hul ontvang ‘n “cupcake” vir elke 10 boeke of tydskrifte wat hul bring. Verlede kwartaal se boeke en tydskrifte is geskenk aan die Moreson Kinderhuis en Haven Nagskuiling.

Leerders wat boeke/tydskrifte wil skenk, kan dit in die krat voor Me. van Staden se kantoor plaas. Sit asseblief jou naam by sodat ons weet wie ‘n “cupcake” moet kry.

Op die foto verskyn Lisa Coetzee en Minette van Zyl, die projekleiers.