16th September 2019

KFC Punt Krieketfees 2019

Hoërskool Punt is trots om weereens in 2019, in samewerking met KFC HEIDERAND en VOORBAAI, die KFC Punt Krieketfees vir o/19-spanne aan te bied. Dit is vanjaar die 21ste keer dat skole van regoor Suid-Afrika hier in die Suid-Kaap bymekaar gaan kom om krieket te speel.

Die doel van die fees is om vir o/19-seuns die geleentheid te bied om hul vaardighede te slyp,vriendskappe te smee en ons pragtige omgewing te verken en te geniet om sodoende tot die ontwikkeling van ons plaaslike krieket en gemeenskap by te dra. Ons vorm ook met trots deel van die Mosselbaai Munisipaliteit se jaarlikse sportfees wat ‘n aktiewe leefstyl aanmoedig, en Mosselbaai, die dorp, bemark.

Vanjaar neem 26 skole aan die toernooi deel. Wedstryde word in George, Oudtshoorn en Mosselbaai gespeel en wedstryde sal daagliks om 09:30 by die verskillende velde afskop. Ons nooi almal uit om die verskillende velde te besoek en ons spanne te ondersteun. Hoërskool PUNT en KFC is trots om deel te wees van hierdie projek!

Hierby aangeheg vind u ‘n afskrif van die wedstrydbepalings. Enige navrae kan aan my, Rudolf Botha, by Puntkrieketfees@gmail.com gerig word.

Hierdie ‘n TROTS Hoërskool PUNT en Mosselbaai Dorp geleentheid!

Mnr Rudolf Botha HOOFORGANISEERDER

Punt span vir die Krieketfees:
Voor: Reece Taljaard, Kyle Moodley, Miguel Godinho, Heinrich Kamineth, Keith du Toit, Keanu Cilliers, Gerhard Vosloo
Agter: Mnr. J. Slabber (Spanbestuurder), Dale Jansen, Rohan Pace, Heinrich Alberts, Jan-Hendrik Marx, Estian Hobbs, Ian Visser, Conrad Strydom, Zach Oellrich