8th October 2018

KFC PUNT Krieketfees 2018

Die KFC Punt Krieketfees is vanjaar vir die 20ste keer deur Hoërskool Punt, as deel van die Mosselbaai Sportmaand, aangebied. Met 26 skole wat van regoor SA kom deelneem het, was hierdie fees van krieket, weereens ‘n baie groot sukses met nie net ‘n baie groot finansiële inspuiting vir die dorp nie, maar ook ‘n platform om ons pragtige dorp en puik skool ten toon te stel. Baie dankie aan die Mosselbaai Munisipaliteit vir julle ondersteuning en dryfkrag agter hierdie wonderlike inisiatief. Krieket vanuit die boonste rakke is deur baie talentvolle seuns opgedis. Krieket, wat elke krieket-liefhebber opgewonde sal maak oor die toekoms van krieket in SA. Skole wat tydens die fees spiere gebult het met pragtige wenne, was Langenhoven Gimnasium, Hoërskool Despatch, Hoërskool DF Malan en nog vele meer.
Ons bedank graag vir KFC Heiderand en Voorbaai vir hulle ondersteuning oor die afgelope paar jaar! Julle borgskap maak die bevordering van krieket in die SWD moontlik. Ons sien vreeslik baie uit na die KFC PUNTFEES-toerspan wat uit die seuns gekies sal word om volgende jaar (Junie 2019) oorsee te gaan danksy Travel Sport.
Ek nooi elkeen hartlik uit om my te kontak (puntkrieketfees@gmail.com) vir enige navrae of indien julle belangstel om volgende jaar by hierdie TROTS PUNT en MOSSELBAAI-projek betrokke te raak.
Mnr Rudolf Botha
Onderwyser en Organiseerder