1st October 2019

ISF ESKOM EKSPO

ISF ESKOM EKSPO

Drie van Hoërskool Punt se leerders het die afgelope vakansie aan die Nasionale ISF (Young Scientists International Science Fair) Eskom Ekspo in Johannesburg deelgeneem. Lunje Mengezeleli het ‘n silver medalje asook ‘n spesiale toekenning ontvang. Anna-Maria Adreani en Megan Bailey het albei goud verwerf. Anna-Maria en Megan is ook genomineer om aan die Internasionale Ekspo-kompetitisie, wat in 2020 in verskillende lande sal plaasvind, deel te neem.

HS Punt wil hierdie leerders met hulle uitsonderse prestasie gelukwens en voorspoed toewens met die nominasieproses.