Op Saterdag, 14 Maart 2020 het die Rugby-, Hokkie- en Netbalspanne van die twee skole in Mosselbaai teen mekaar te staan gekom. Dit was ‘n heerlike sonskyndag en die sportspanne het pragtige spel gelewer. Die belangrikste was egter die mooi gees waarin die plaasgevind het.
Uitslae was as volg:
Hokkie uitslae:
Dogters:
0.14A speel gelykop 0-0
0.16B speel gelykop 2-2
0.16A verloor ongelukkig 0-1
0.19B wen 2-1
0.19A speel gelykop 1-1.
Seuns:
0.14A verloor ongelukkig 0-2
0.16A verloor ongelukkig 0-1
0.19A verloor ongelukkig 3-6
Netbal uitslae:
o.14 B: 12 – 11 (wen)
o.14 A: 26 – 8 (wen)
o.15 B: 9 – 12 (verloor)
o.15 A: 16 – 22 (verloor)
o.16 B: 11 – 27 (verloor)
o.16 A: 11 – 19 (verloor)
o.17 B: 2 – 7 (verloor)
o.17 A: 5 – 27 (verloor)
o.18 B: 39 – 4 (wen)
o.18 A:27 – 29 (verloor)
Ten spyte van die tellings het Punt se dogters hul bes gegee en was vol ywer op en langs die baan. Die dogters het ‘n baie positiewe gesindheid en daar lê ‘n baie goeie seisoen vir Punt-netbal voor.
Rugby:
o.14 A wen 21 – 15
o.15 A wen 24 – 5
o.15 B verloor 0 – 21 teen Sao Bras se o/15-span
o.16 A verloor 5 – 29
o.16 B verloor 13 -14
o.19 B verloor 0 – 21
o.19 A Verloor 22 – 26 in die laaste minute van die wedstryd in ‘n uiters spannende
wedstryd.
Die twee o/19A-spanne het die toeskouers bederf met aanskoulike rugby en die wen kon na enige kant toe gaan. Punt se manne het voluit en met passie gespeel vir hul ondersteuners op die pawiljoen. Ons sien ‘n blink toekoms vir Punt-rugby!
Baie dankie aan die volgende Borge:
Rugby: MSec Security (Hoofborg)
Francois B. Photography
Netbal: Just Property (Hoofborg)
TMK Landmeters
Hokkie: OMP Prokureurs (Hoofborg: Seuns en Dogters)
Onebook (Dogters)
IT4U (Seuns)