Hoërskool Punt se jaarlikse Interhuis-atletiekbyeenkoms het op 30 Januarie by die Van Riebeeck stadion plaasgevind. Spanne kon vanjaar volgens hul span-kleur aantrek, en dit het bygedra tot die uitstekende spangees op die dag. Die Rooi-, Blou- en Groenspan het hard teen mekaar gekompiteer op die baan, sowel as op die pawiljoen.
Die seisoen het op ‘n baie hoë noot begin en 23 rekords het gespat.
Die spanne het as volg geëeindig: 1ste Groenspan met 696 punte, 2de was die Rooispan met 676 punte en 3de die Blouspan met 528 Punte. Die Rooispan was die waardige wenners van die Geesbeker.
Die Senior Victor Lodorum was Girard September en die Junior was Eduan Hobbs. Die Senior Victrix Lodorum was Anika Snyders en die Junior was Nadia Badenhorst.
Die volgende atlete het rekords verbeter:
Dogters o/14: Tamzyn. Groenewald (110m), Nadia Badenhorst (Hamergooi), Alexis Nell (1500m en 3000m).
Dogters o/15: Lara Lubbe (300m Hekkies).
Dogters o/17: Anika Beukes (Verspring en Driesprong), Anika Otto (Gewigstoot), Anika Snyders (Spiesgooi), Adeline Roos (Hamergooi), Jandri Snyders (1500m en 3000m).
Seuns o/14: MJ Fourie (200m), Deacon Cooper (Hamergooi), Henru Kuhn (300m Hekkies). Seuns o/15: HJ Nell (1500m), Lee Wildemans (400m).
Seuns o/17: Herman Knoetze (800m en 1500m), Stefan Fourie (400m Hekkies), Jordan Jaars (Spiesgooi), Landre Cope (1500m), Girard September (Verspring).
Baie geluk aan elke atleet wat bygedra het tot die sukses van die Interhuis. Baie sterkte met die res van die seisoen.