9th March 2018

Hypi besoek Kinderhuis

Wish (Wees Iemand Se Held) is een van Hoërskool Punt se gemeenskapsdiens-projekte. Onder leiding van Annemie de Graaf en Franciska Olivier het ‘n groep van 12 leerders op Saterdag 3 Maart ‘n besoek gebring aan Môreson Kinderhuis in George. Die leerders het aktiwiteite gedoen met die inwoners van die kinderhuis wat gewissel het van kaartjies maak tot danslesse en ‘n modeparade. Hulle sien uit daarna om weer die kinderhuis te besoek. Spesiale dank aan mev. Mariëtte Brand wat die leerders vergesel het en aan Scrapbook Haven wat die materiaal vir die maak van die kaartjies geborg het.