27th November 2020

HUIS PEPLER (KOSHUIS) BIED VANAF 2021 DRIE OPSIES AAN ONS OUERS / PEPLER HOUSE (HOSTEL) OFFERS PARENTS THREE OPTIONS AS FROM 2021

OPSIE 1: Vol Koshuisinwoning
• Soos wat dit huidiglik is.
• Leerders woon in van Sondagaand tot Vrydagmiddag.
• Etes vanaf Maandag ontbyt tot ‘n wegneem middagete op Vrydae.
• Buitemuurse aktiwiteite oor naweke:
Leerders wat aan sport of ander skoolaktiwiteite op Saterdae deelneem, mag Vrydagaande ook in die koshuis slaap. Hul sal dan die Vrydag die gewone middagete sowel as ‘n aandete en Saterdag ‘n ontbytpakkie kry. Hulle ontruim die koshuis direk na die aktiwiteit.
• Losies beloop R4 695,00 per kwartaal.
U kan by die WKOD aansoek doen vir subsidie. Indien dit goedgekeur word, sal dit ongeveer 50% van die bedrag  dek.
Met vooraf reëlings, kan dit maandeliks vooruit betaal word. ‘n Maand kennis moet gegee word indien die leerder die Koshuis wil verlaat.
Indien enige bedrag van ‘n vorige kwartaal uitstaande is, sal so ‘n leerder nie toegelaat word om na die koshuis terug te keer nie. Die leerder sal eers mag terugkeer wanneer die betalings op datum is.

OPTION 2: Day learners (We can accommodate only 8 boys and 8 girls)
• As at present.
• Learners will come daily and get lunch (Mondays to Fridays) and dinner (Mondays to Thursdays).
• A room (with a cupboard, desk and bed), where they can rest and study, will be allocated to them.
• Extra-curricular activities during week-ends:
Learners who take part in extra-curricular activities on Saturdays will be allowed to stay in the hostel on the Friday evening. They will get the usual lunch and dinner and a breakfast parcel for the Saturday. They must evacuate directly after the activity.
• All safety and hostel rules applicable to full-time learners, must be strictly obeyed.
• Accommodation amounts to R3 750,00 per term. For this option you cannot apply for subsidy.
For monthly payments, timeous arrangements must be made. A learner will not be allowed back in the hostel if there is an outstanding amount from the previous term. The learner will be accepted back only when all outstanding amounts have been paid.
One month’s notice is required should a learner want to leave the hostel.

OPSIE 3: “Indraf-leerders” (Slegs 20 leerders kan geakkommodeer word)
• Leerders kry slegs toegang tot die eetsaal, gaste-toilette en televisiekamer.
• Leerders kry middagetes op Maandae tot Donderdae, sowel as ‘n wegneem-ete op Vrydae.
• Maandag tot Donderdag kan leerders hul tuiswerk in die middag in die eetsaal doen.
• Leerders mag tot 17:30 vir hul ouers by die koshuis wag. Vrydae sluit die koshuis om 14:30 maar hul mag voor die gebou op die perseel wag.
• Alle veiligheidsreëls en kontrole-maatreëls moet streng gevolg word, soos met voltydse loseerders.
• Koste is R 300 per WEEK (ongeag die aantal dae) – EFT of kontant by skool se finansiële kantoor vooruit betaalbaar.
• Die matrone moet die VOORAFGAANDE Donderdag voor 14:00 in kennis gestel word indien ‘n leerder die Maandag daar sal wees. Dit is belangrik vir beplanning en geen uitsonderings sal toegelaat word nie.
Ons het in die verlede navrae gehad om leerders vir ‘n week of twee in die Koshuis te huisves (bv. vir ‘n Starganza oefening of as ouers moet weggaan).
Dit is steeds ‘n opsie en die koste is R600 per week – vooruit betaalbaar en vir ‘n maksimum van DRIE weke.
Leerders sal vir die duur van hul inwoning by Huis Pepler presies dieselfde as permanente kosgangers hanteer word.
Alle veiligheidsreëls en kontrole-maatreëls moet streng gevolg word soos met voltydse koshuisleerders.

Vir navrae kontak asseblief die matrone, mev. Sue Badenhorst (044) 691 2563 of 074 270 8909.