4th June 2019

HUAWEI EN HOËRSKOOL PUNT BROODKNIPPIEKOMPETISIE

Hoërskool Punt neem reeds sedert 2014 aan die Broodknippies vir Rolstoele-projek deel. Hierdie kwartaal het ons ‘n broodknippiekompetisie gehou. Leerders (in elke graad) wat die meeste broodknippies ingesamel het, het ‘n geskenkpak, geborg deur Huawei, ontvang. Elke geskenkpak het oorfone, ‘n selfiestok en ‘n “ring popsocket” bevat.

Die kompetisie is deur Landré Cope en Kyla Buitendach gereël.