12th August 2019

HS Punt debateer op Nasionale vlak

Op 3 Augustus 2019 het Lucia Pauw en Anri Knapp aan die finale rondte van die ATKV -Debatkompetisie, wat by ATKV Goudini Spa gehou was, deelgeneem. Hulle het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en onder die top 14 spanne in die land geëindig. Dit is ‘n uitstekende prestasie veral ook omdat dit die eerste keer is wat hulle aan debat deelneem. HSkool Punt is baie trots op hulle.