WISH (Wees Iemand Se Held) kon hierdie kwartaal genoeg kruideniersware insamel om 25 gesinne te help. ‘n Kompetisie is gehou waar Hoërskool Punt se registerklasse teen mekaar gekompeteer het om te kyk wie die meeste kruideniersware vir ons behoeftige gesinne kan insamel.
Die wenners was 9A3 met 282 items. Hulle het ‘n “civvie-dag” gewen. In die tweede plek was 11E1 met 91 items en in die derde plek was 10A5 met 72 items. Hulle het onderskeidelik cupcakes en lekkers gewen. In totaal is 584 items ingesamel. WISH bedank elke leerder en ouer wat ‘n bydrae gemaak het.
Ons samel steeds deur die jaar kruideniersware en toiletware in vir verspreiding aan gesinne wat dit benodig. Leerders en ouers wat bydraes wil maak (kruideniersware, toiletware en speelgoed) of ‘n borgskap of finansiële bydrae wil maak tot ons jaarlikse kerspakkies (behoeftige gesinne, Môreson Kinderhuis en Bethesda Hospitaal), kan dit kom afgee by Hoërskool Punt of me. van Staden kontak by die skool.