19th February 2020

Hart-loop atletiekbyeenkoms

Hoërskool Punt het vanjaar se jaarlikse Hart-loop atletiekbyeenkoms op 10 en 11 Januarie 2020 in Oudtshoorn aangebied. Hierdie byeenkoms is ‘n jaarlike instelling waartydens die atlete en sangspanne van Langenhoven Gimnasium, Ounteniqua en Punt teen mekaar meeding.

Punt het ‘n baie sterk atletiekspan gestuur en spog met uitstekende uitslae. Punt het Deacon Cooper is aangewys as die beste veldatleet vir Junior seuns en Lara Lubbe as die beste baanatleet vir Junior Dogters. Deacon het ook die Hamergooi rekord vir seuns o/14 verbeter.

Punt het algeheel baie goed presteer met 17 eersteplekke, 25 tweedeplekke en 19 derdeplekke. Punt se sangspan het ook baie goed gedoen en einding in die derdeplek.

Besondere Prestasies was gelewer deur:

Dogters o/14: Joalize Steyn 200m (28,32m), Marzaan van Der Linde Diskus (22,58m).
Dogters o/15: Lara Lubbe 300mHekkies (49,00 sek), Johané de Jager 90mHekkies (15,20 sek), Johané de Jager Verspring (4,47m).
Dogters o/17: Leandri van Der Linde Gewigstoot (10,73m), Anika Beukes 100m (12,97 sek), Anika Beukes 200m (26,59 sek), Jandri Snyders 800m (2:25 min). Dogters o/19: Abigail Figland Driesprong (10,86m).

Seuns o/14: Deacon Cooper Hamergooi Nuwe Rekord (42,12m).
Seuns o/17 Mario Swanepoel Hamergooi (39,50m), Lodewyk le Grange 200m (24,83sek), Girard September Verspring (6,13m), Girard September Driesprong (12,61m).
Seuns o/19 Brendan Schutte 400m (53,80 sek), Liam Kannemeyer 100m (11,69 sek), Jay-dee van Reenen 110mHekkies (19,20 sek) en Danie van Langelaar 800m (2:21.min).

Punt bedank graag almal wat betrokke was en ook die Borge wat die byeenkoms moontlik gemaak het.