6th February 2018

Gholf Prestasies

Punt speel in die skole gholf liga sedert die ontstaan daarvan in die 1980’s. In 1985 word Punt gekroon as die SA Skole Gholf Kampioen en Johan van Rensburg behaal Junior SA Kleure in gholf, ‘n eer wat Johan Swanepoel 20 jaar later, in 2005, te beurt val. In 2007 kwalifiseer Punt vir die eerste maal weer vir die SA Skole finaal en behaal die 3de plek. Van 2011 tot 2013 kwalifiseer Punt ook vir die SA Skole finaal.

Vanaf 2012 tot 2015 neem Punt deel aan die Kenako Skole Gholffees wat deur Rundle Kollege op George aangebied word en word in 2013 as kampioen gekroon. Punt eindig menig maal as die top gholfspan in die streeksliga end dring jaarliks deur na die Suid-Kaap skole finaal. Daar is tans sowat 20 leerders wat gholf speel, waaronder 4 meisies.