Mnr. D’Elboux se Gr.10 Geografie-klas het op 17 September 2019 die George Lughawe besoek. Hulle het met die Bestuurder gesels en meer insig gekry oor die daaglikse aktiwiteite en prosedures by ‘n lughawe. Hulle het ook meer geleer van Industriële Ingenieurswese en wat die beroep behels. Daarna is hulle na die Beheertoring (Air traffic control room) waar hulle ingelig is oor die bestuur van lugverkeer by ‘n lughawe.
Laastens is die groep na die weerstasie naby die lughawe en die leerders het geleer hoe data versamel word om die weervoorspelling akkuraat te kan doen.
Dit was ‘n baie interessante dag en die leerders het baie oor loopbane geleer.