7th August 2019

Fotografieklub besoek die Dias-fees

Wat het kleur, dromme, spookasem, springkastele en samesyn in gemeen?

Dit en nóg baie meer was maar van die aspekte wat Hoërskool Punt se fotografieklub op Saterdag, 2 Februarie, tydens die jaarlikse Diasfees beleef het. Dit was ‘n interessante en genotvolle dag en daar was ‘n foto-geleentheid om elke hoek en draai. Selfs die Mossel Bay Advertiser het ‘n insetsel oor ons Fotografie-klub gedoen. Ons gaan beslis volgende jaar wéér so maak.

Groepfoto – van links na regs: Tannie Elizabeth Ungerer, Juf. Ilzabé Pietersen, Carla Meyer, Danelle Hattingh, Veronique van Hansen, en Desiré Janse van Vuuren.