EKONOMIE WERKSESSIE: Die Snapspel
MentorVennoot en School Solutions het kragte saamgesnoer om ‘n interaktiewe besigheidspeletjie vir hoërskoolleerders te ontwikkel en aan te bied. Hierdie speletjie word Snapspel genoem.
Dit het ten doel om werklike besigheidsomstandighede te simuleer, waar die gevolge van besigheidsbesluite wat onder druk geneem word, in finansiële terme gemeet word.
Leerders word in 4 groepe verdeel en elke groep bestuur dan ‘n lugredery. Elke lugdiens moet hul kapitaal bestuur, besluit hoe groot hul vloot sal wees en hoeveel sitplekke elke vliegtuig het. Daar word ook gebie op vliegtuie.
Rondte 1 is 90 minute lank en daarna ontvang elke groep finansiële state om hul vordering te sien.
In rondte 2 moet die groep besluite neem wat die besigheid kan verbeter. Moet hulle vliegtuie verkoop of dalk ander besigheidsbesluite neem!
Nog ‘n uitdaging was die beplanning van ‘n advertensie wat dan ook aan die res van die deelnemers vertoon moes word.
Die wenspan het ‘n getekende boek deur Marnus Broodryk ontvang.
Die wenspan:
Agter: Bianca Booyens, Rachel Corkill, Anna-Maria Adreani
Voor: Louis Esselin en Heinrich ALberts