Punt het in Februarie 2021 met E-Sport begin.
Ons CSGO span het 2de in die First Division van die HSEL (High School E-Sport League) geëindig en speel in September 2021 in Rondte 1 van die Finale. Hulle is tans 10de in die land en het nog ‘n geleentheid om hul posisie te verbeter.
Die RL het 7de in die Premier Division van die HSEL geëindig en het ook vir die finale rondte gekwalifiseer.
Die aansoeke vir die uitdunne vir 2022 is oop en die belangstelling is baie goed.
Hoërskool Punt is baie trots op hierdie twee spanne en hul prestasies.
Sterkte met die finale rondtes!
Foto 1: CS:GO
Arran Kloppers, Pieter du Preez, Anro Pace, Riaan Grobler, Rhyno Vosloo, Christiaan Wentzel.
Afwesig: Johan Swanepoel
Foto 2: RL
Stefan Roelofse, Eduan Hobbs, Ruan Muller, Marnich Steyn