17th July 2018

Dans: Dynamic Dance Academy

Die volgende dansers (Punt-leerders) van Dynamic Dance Academy, het aan die SASAFF (South African Fitness Sport and Fitness Federation) se SA dans kampioenskappe vanaf 30 Junie 2018 tot 2 Julie 2018 te Kaapstad gaan deelneem. Die volgende dansers wat in die groep “Reload Revolution” – mega crew division gaan deelneem het, het weggestap met ‘n 1ste plek in die 12 jaar en ouer kategorie en hul volle Protea klere verwerf. Hulle sal SA verteenwoordig 16 -21 Oktober 2018 te Amsterdam, Nederland.

Hier volg die dansers se name: Cameron de Vos, Donay Meyer, Marjohandie Heunis, Dané Barnard, Monique Pienaar

Die volgende 3 dansers het vir 2 items gekwalifiseer en vir beide Protea klere ontvang. Hulle gaan small crew dans wat bekend staan as “Ultimo” in die 12-17 jaar ouderdoms kategorie en hul mega crew “Reload Revolution” in die 12 en ouer kategorie waar hul ‘n eerste plek verwerf het.

Hulle is: Kristin de Vos, Sidney Adams en Malaika Versi

Baie geluk ook aan hul afrigter Biancé van Rensburg.