17th March 2020

Damian is soos ‘n ‘VIS’ in die water!

SA Level 1 Interprovinsiale Swem Kampioenskappe: Damian Smith 

Damian Smith, Gr 9-leerder van Hoërskool Punt, het die afgelope naweek aan die SA Level 1 Interprovinsiale Swem Kampioenskappe deelgeneem.

Tydens die Kampioenskappe ryg hy die medaljes as volg in: 

3 Goue medaljes

1 Silver medalje

4 Brons medaljes

Hoërskool Punt is baie  trots op hom. Dit was uitklim en aanmeld vir die volgende item. Geen rus nerens.