Gr. 8 Redenaars

Hoërskool Punt het ‘n GR8 Redenaars-span wat vanjaar aan die jaarlikse Radikale Redenaars kompetisie deelgeneem het. Die span deelnemers moet almal in dieselfde graad wees. Die 3 manne, TJ Vorster, Johannes Pretorius en Evert Potgieter, is reeds vanaf laerskool saam in die redenaars-span en het in 2018 die Nasionale Spanredenaars kompetisie in Pretoria gewen. Een […]

Punt se Radikale Redenaars presteer op Nasionale vlak

Baie geluk aan die volgende leerders: Marine Botha behaal ‘n 2de plek in die Nasionale finaal (Gr. 8 Afrikaans moedertaal) en Janika Pretorius behaal ‘n 12de plek in die Nasionale finaal (Gr. 9 Afrikaans moedertaal) Baie dankie dogters, julle het die res van die land ‘n PUNT gewys!

Radikale Redenaars: Nasionale rondte finaal

Marine Botha, Anja van Staden en Janika Pretorius neem op die 12de Oktober in Pretoria aan die Radikale Redenaars se nasionale rondte deel. Ons wens hulle baie sterkte toe.  

ATKV-Redenaars

Op 2 Augustus 2019 het Lucia Pauw aan die finale rondte van die ATKV Redenaars, wat by ATKV Goudini gehou was, deelgeneem. Sy is as die 5de beste spreker in Suid-Afrika, in die afdeling Graad 10-12 Huistaal Onvoorbereid, aangewys. Ons is baie trots op hierdie uitstekende prestasie wat sy behaal het.  

ATKV-Redenaars

Mariné Botha het op 2 Augustus 2019 aan die finale rondte van die ATKV-Redenaars by Goudini Spa deelgeneem. Sy het uitstekend gevaar en is as die NASIONALE WENNER in die kategorie Voorbereide redenaars, gr. 8-9, aangewys. Saam met haar op die foto is die seremoniemeester (en ‘n Mnr. SA), Dieter Voigt, ‘n oud-leerder van HS […]

ATKV-Redenaars 2019:

Mariné Botha (Gr 8 Huistaal Voorbereid) behaal ‘n 1ste plek in die Suidoos-Kaap semi-finale rondte wat op 24 Mei 2019 in George gehou is. Lucia Pauw(Gr. 10 Huistaal Onvoorbereid) behaal die 2de plek in die Suidoos-Kaap semi-finale rondte. Beide dring deur na die Nasionale finale rondte wat op 2 Augustus 2019 by die ATKV Goudini-Spa […]

Radikale Redenaars 2019

Op die 25ste April 2019 het 13 van HS Punt se leerders aan die Radikale Redenaars se eerste rondte in Mosselbaai deelgeneem. Twee van hierdie leerders, Sipho Ngcwangu en Anja van Staden, is op grond van hul uitstekende uitslae, direk deur na die nasionale finale rondte wat later vanjaar in Pretoria gehou sal word. Die […]

Oppie Tong-Redenaars

Anja van Staden gr10 het fantasties gevaar in die Oppi tong redenaars wat op 10 Mei 2019 in Brackenfell plaasgevind het. Sy het ‘n A+ gekry asook uitstekende repliek deur die beoordelaars.

ATKV-Redenaars

Hoërskool Punt het op 13 April 2019 by Hoërskool Oudtshoorn aan die ATKV-Redenaars se 1ste rondtes deelgeneem. Ons leerders het skitterend gepraat. Die leerders se name wat na die semi-final rondes deurdring, sal binnekort bekend gemaak word. Die volgende leerders het deelgeneem: Gr. 8-9 Onvoorbereide redenaars: Gr. 9 Sipho Ngcwangu Gr. 8-9 Voorbereide redenaars : […]

ATKV-Redenaarskompetisie

Lucia Pauw het op Vrydag, 17 Augustus 2018, by die ATKV-Buffelspoort aan die finale rondte van die ATKV-Redenaarskompetisie deelgeneem. Lucia behaal ‘n uitstekende 3de plek in die Nasionale Redenaarskompetisie.