Punt is tans nog in School of Rugby se Campus Cup, ‘n virtuele Rugbykompetisie vir skole.
Hierdie kompetisie werk slegs op stemme wat skole werf – die skool met die meeste stemme gaan deur na die volgende rondte.
Die “Visse” het reeds die volgende rondtes suksesvol afgele:
Rondte 1:
Punt (833 stemme) vs HS Koffiefontein (303 stemme)
Rondte 2:
Punt (2800 stemme) vs HS Diamantveld (2700 stemme)
Rondte 3:
Punt (3000 stemme) vs HS Alberton (2800 stemme)
Rondte 4:
Punt (6500 stemme) vs HS Waterkloof (6200 stemme)
Soos u sal sien het ons reeds groot skole uitgeskakel! Elke nuwe rondte begin op
‘n Woensdag en eindig dan die Saterdag.