3rd March 2020

Bosmansdam-Netbaltoernooi

Gedurende die naweek van 28 en 29 Februarie het nege van Punt se eerstespan-dogters aan die Bosmansdam Knights-netbaltoernooi deelgeneem. ‘n Totaal van 18 o.18 spanne, meereendeels Kaapse skole, het aan die toernooi deelgeneem.

Die toernooi is in ‘n rondomtalie formaat, met wedstryde van 14 minute elk, gespeel. Hoërskool Punt het eerste in hul groep geëindig nadat hulle hul groepswedstryde teen Cape Town High School en Fairbairn College onderskeidelik 13 – 1 en 11 – 2 gewen het.

In die kwarteindstryd kom Punt te staan teen Hoërskool Elsiesrivier en wen gemaklik 14 – 0. Die semi-finaal word ook maklik teen Masimbane gewen met ‘n telling van 11 – 0. In ‘n naelbyt finaal teen Hoërskool De Kuilen het die dogters dit reggekry om die finaal 10 – 9 te wen.

Die span word dus gekroon as die wenners van die o.18 toernooi!!

Voor die lang pad huis toe, het die dogters eers hul wen gevier deur eers lywe in die see te gaan natmaak. Met sulke goeie uitslae, so aan die begin van die seisoen, is ons vreeslik opgewonde vir dit wat hierdie jaar vir Hoërskool Punt se netball voorlê!

Baie dankie aan ons Borge, Just Property wat dit moontlik maak!

Foto 1 / Photo 1:

Agter vlnr: Lereen Mostert, Courtney Williams, Charnique Prins, Lee-Schen Muller, Antorien Alberts, Carmel Treurnicht, Lindy Basson (aftigter).
Voor vlnr: Dané Barnard, Jaydé Hermanus, Shani Pick