8th November 2019

Boekies vir Koekies!

Boekies vir Koekies is een van HYPI, Hoërskool Punt se gemeenskapsdiens, se jaarlikse projekte. Die projek behels dat leerders tweedehandse boeke en tydskrifte aan die skool skenk. In ruil ontvang hulle ‘n “cupcake” vir elke 10 boeke of tydskrifte wat geskenk word. Die boeke en tydskrifte wat hierdie jaar ingesamel is, is geskenk aan Haven Nagskuiling, Môreson Kinderhuis, Onse Rus Ouetehuis en Heart2Heart se Literacy Centre. Die skool het ook ‘n groot aantal “flipfiles” aan Hillcrest Sekondêre Skool geskenk.
 
Op die foto’s verskyn Minette van Zyl en Lisa Coetzee, die projekleiers, en Samantha Boesak van die Heart2Heart Literacy Centre saam met Lunje Mengezeleli, ons HYPI-voorsitter. Die Heart2Heart Literacy Centre verwelkom skenkings van Engelse kinderboeke.