Hoërskool Punt het op Vrydag 5 Maart, onder streng Covid maatreëls, die BLITZ-atletiekbyeenkoms gehou.
193 Atlete het aan die byeenkoms deelgeneem en uitstekende prestasies gelewer, veral as in ag geneem word dat die atlete in Februarie 2020 laas aan atletiek deelgeneem het. Daar is altesaam 15 rekords verbeter.
Van die atlete wat uitgestaan het is:
Mieke Coetzee met 3 nuwe rekords vir dogters o/14 (Hammergooi, Diskus en Gewigstoot).
Anika Beukes met 2 nuwe rekords vir Dogters o/17 (100m en driesprong)
Jandri Snyders met 2 nuwe rekords vir dogters o/17 (3000m en die 800m).
Rekords wat verbeter is:
Hammergooi seuns o/15 Deacon Cooper 44.07m
Hammergooi dogters o/14 Mieke Coetzee 35.35m
Gewigstoot dogters o/14 Mieke Coetzee 11.72m
800m dogters o/17 Jandri Snyders 2:21.00
Hammergooi dogters o/17 Adeline Roos
100m dogters o/14 Amone Billing 13.40
100m dogters 0/15 Anika Fourie 13.69
100m dogters o/17 Anika Beukes 12.88
diskusgooi dogters o/14 Mieke Coetzee 29.29
spiesgooi seuns o/14 1 Derrick Barnard 39.27
driesprong dogters o/17 Anika Beukes 10.46
driesprong seuns o/14 Kunene Gadu 11.04
3000m seuns o/14 Henru Nell 11:20.00
3000m dogters o/17 Jandri Snyders 10:56.00
Die dag was definitef een wat die Punt-atlete sal onthou. Ons bedank elke ouer en onderwyser wat as beampte opgetree het en vir Mnre Francois Boshoff en Roland Nell vir die pragfoto’s wat hul tydens die byeenkoms geneem het!