Big Brag: Die emosies en opwinding was groot tydens die gebruiklike Big Brag wat op 16 Augustus 2018 gehou is. Eerstespanne het trots op die verhoog verskyn en ‘n saal vol trotse leerders en ouers het hul luid aangemoedig.
‘n Kort video van elke span is vertoon waarna elke speler en sy/haar ouer op die verhoog aan die skool voorgestel is. Dit was hoendervleis oomblikke wat ‘n skool se lojaliteit en trots kweek! ‘n Glasie is op die spanne geklink waarna die dirigente en Sharkie (gelukbringer) die leerders op hul voete gehad het. Die seremonie is afgesluit met die sing van die skoollied.
‘n Aand waarop elke Vis baie trots kan wees.