1st October 2019

BestMed Madibaz Top 10 Atletiekbyeenkoms

Altesaam 401 atlete van oor die hele land het op 21 September 2019 aan die jaarlikse BestMEd Madibaz Top10 Atletiekbyeenkoms, by die van Riebeeck Stadion, deelgeneem.

Uit die 26 skole is 47 spanne ingeskryf. Hoërskool Punt het 4 spanne ingeskryf en het 14 medaljes verower (4 Goud, 7 Silwer en 3 brons). Andrea Kommer (Vroue o/19) het 3 Goue medaljes gewen in Spiesgooi, Verspring en Driesprong. Carmel Treurnicht (Dogters o/17) het in driesprong ‘n goue medalje gewen.

Menlopark se atlete het die dag gewen en met die prysgeld huis toe gegaan. Dit was ‘n dag van pragtige atletiek en 27 nuwe rekords is opgestel.

Baie dankie aan BestMed en Madibaz vir hul betrokkenheid!