Hoërskool Punt het op 23 Augustus 2018 aan die ATKV Tienertoneel-kompetisie by die Kunstekaap Teater (Kaapstad) deelgeneem. Die kompetisie teen skole soos Hoërskole Tygerberg, Bloemhof, Jan van Riebeeck, en andere was besonder straf. Ten spyte hiervan het Hoërskool Punt die besondere prestasie behaal dat vier van hul akteurs – Lwazi Mpato, Marina Barnard, Jemé Allen en Karlien de Wet – elk 75% vir hul spel verwerf het.