7th August 2019

ATKV-Tienertoneel

HS Punt se Tienertoneel-groep het weer vanjaar aan die jaarlikse ATKV-Tienertoneel deelgeneem. Dit het op 25 Julie 2019, in Port Elizabeth in die Opera House plaasgevind.

Me. Wourie Delport (personeel) het die teks geskryf en was ook die regisseur van die Produksie, Wit Duisternis.

Al die produksies se standaard was baie hoog en HS Punt is baie trots op die volgende toekennings wat hulle ontvang het:

Sertifikaat vir die Spinnekopkostuum
Brons sertifikaat vir Me. Delport se teks
Sertifikaat vir Deelname