Baie geluk aan Marina Barnard (4de: Gr. 10 – 12 Huistaal onvoorbereid) en Lucia Pauw (1e: Gr. 8 – 9 Huistaal onvoorbereid) wat onder die Top 10 van die semifinale rondte, wat verlede Vrydag (1 Junie 2018) in George plaasgevind het, geëindig het.
Slegs die 1ste 2 in elke groep gaan deur na die Nasionale Finaal van die ATKV Redenaarskompetisie 2018 wat op 17 Augustus 2018 by die ATKV-Buffelspoort sal plaasvind.
Baie sterkte aan Lucia wat deurdring na die Nasionale rondte!