12th August 2019

ATKV-Redenaars

Op 2 Augustus 2019 het Lucia Pauw aan die finale rondte van die ATKV Redenaars, wat by ATKV Goudini gehou was, deelgeneem. Sy is as die 5de beste spreker in Suid-Afrika, in die afdeling Graad 10-12 Huistaal Onvoorbereid, aangewys. Ons is baie trots op hierdie uitstekende prestasie wat sy behaal het.