8th September 2021

ATKV-DigiSpanpraat 2021 – Punt is NASIONALE NAASWENNERS!!

Daar het vanjaar 520 leerders landwyd aan die kompetisie deelgeneem.

Hoërskool Punt se gr. 9-span se toespraak het gehandel oor die onderwerp “Etikette hoort op klere”. Die lede van hierdie span is: Gratia Pauw, Evert Potgieter, Johannes Pretorius en TJ Vorster, en dit is geskryf deur Me. Stefanie Keyser wat die span reeds sedert hul gr. 6 jaar afrig.

Op 7 September het die span in spanning gewag op die direkte uitsending van die ATKV DigiSpanRedenaars se aankondiging van die Nasionale Top 5 wenners. In vorige jare het die deelnemers na Pretoria, Kaapstad of Johannesburg gegaan vir die prestige deelname en aankondiging maar vanjaar is dit aanlyn gedoen.

Die span was uit hul vel toe hulle as Nasionale Naaswenners (met ‘n A++) aangewys is. Die span troon uit bo groot skole in die land.

Die Nasionale Top 5 skole in die Afdeling Afrikaans Huistaal Gr. 9:
1e Plek : Hoërskool Waterkloof
2e Plek : Hoërskool Punt
3e Plek : Hoërskool Rustenburg
4e Plek : Hoërskool Zwartkop
5e Plek : Helpmekaar Kollege

Hoërskool Punt is geweldig trots op hierdie Gr. 9-span, hul afrigter Me. Stefanie Keyser en Me. Madelie Broodryk (organiseerder van Punt se Redenaars).

Die span neem weer op 20 September 2021 aan die Oppitong Af deel en ons wens hul baie sterkte toe!