12th August 2021

ATKV Debatskompetisie

Op 20 Mei 2021 het die junior en senior debatspanne aan die Suid-Kaap rondte van die ATKV-Debatskompetisie deelgeneem. Dané Lubbe, Quré Roets en Liané Pretorius het Hoërskool Punt se naam hoog gehou. Hulle woordstryd het gegaan oor waarom Geskiedenis nie ‘n verpligte vak in alle Suid-Afrikaanse hoërskole behoort te wees nie.

Lischen Roets en Stefanie Muller het vir die senior debatspan in Riversdal gaan deelneem. Hulle het vir ‘n vurige, maar passievolle debatgesprek gesorg. Hulle opponent moes lekker asem ophou omdat geen argument die voordele van die ontrekking van Multinasionale maatskappye aan Suid-Afrika, enige iemand sou ooreed nie. Diè span het bankvas agter hulle argumente gestaan en hul goed van hul taak gekwyt.

Hoërskool Punt is baie trots op hul junior Debatspan wat da nook deurdring na die Nasionale finaal in Augustus wat by ATKV-Buffelspoort gehou word.