23rd April 2018

Suid-Kaap Skrywersgilde

Suid-Kaap Skrywersgilde:

Die Suid-Kaap Skrywersgilde het ‘n merietebeurs aan Bianca de Swardt van HS Punt toegeken. Die beurs behels ‘n werkswinkel in kreatiwiteit vir skrywers en digters en word aangebied deur Prof Franci Greyling en Prof Bernard Odendaal.

Aspirant skrywers en digters vanuit die Suid-Kaap kon vir die beurs aansoek doen deur ‘n skryfstuk vir evaluering in te dien. Volgens die panel was Bianca se skryfstuk “die van ‘n ontluikende en hoë-potensiaal” skrywer.

Die werkswinkel word deur die Noordwes Universiteit se ATKV-Skryfskool aangebied met die Suid-Kaap Skrywersgilde as gasheer.