Lucia Pauw en Anri Knapp het op 25 Mei 2019 aan die semi-finale rondte van die ATKV-Debat (Oos-Kaap) deelgeneem. HS Punt het slegs een senior span ingeskryf en hulle het behoorlik hul weg oopgepraat deur uit 14 deelnemende spanne, van 9 verskillende skole, onder die top 2 senior spanne te eindig.
Hulle dring sodoende deur na die Nasionale finaal wat op 3 Augustus 2019 by die ATKV -Goudini Spa gehou sal word.