Punt se atlete het baie goed gevaar tydens die ASWD Eden-kampioenskappe wat op 21 en 22 Februarie 2020 by die De Jager stadion in Oudtshoorn gehou is.
Altesaam 58 atlete van Hoërskool Punt het aan die kampioenskappe deelgeneem. Die besonderse prestasies wat Punt se atlete gelewer het bevestig net weer hoe hard elke atleet die seisoen gewerk het.
Die volgende atlete het almal goud gewen:
Seuns o.14:
Deacon Cooper Hamergooi (44.44m)
Seuns o.15:
Sp Fivaz Spiesgooi (44,37m)
Seuns o.17:
Girard September Driespong (12,97m)
Dogters o.14:
Alexis Nell 3000m (12:15.90)
Joalize Steyn 200m (28.18), 400m (1:08.50)
Marzaan van der Linde Diskus (24,52m)
Dogters o.15
Johané de Jager 90m Hekkies (15.30)
Kayla Esselen Spiesgooi (32,07m)
Lara Lubbe 300m Hekkies (48.90), 400m (1:04.41)
Sharissa Janse van Rensburg 5000m Stap (30:36.00)
Dogters o.17
Anika Beukes 100m (12.50), 200m (26.90) Driesprong (11,04m)
Jandri Snyders 800m (2:22.60)
Dogters o.19:
Jonique Erasmus Versping (4,65m)