By HS Punt is daar geen tekort aan skryftalent nie!
Alleentyd
Gedagtes ontelbaar
Omstandighede is veels te swaar
Bly vir eens stil
Hoor jy hoe jou hart gil?
Voel jy daardie innerlike pyn?
Alleentyd sal jou gewete vermoor
Jy moet maar weer jou gevoelens opspoor
Jou dade maak jou spyt
Jammer die lewe is jou kwyt
Soek nie vir hulp
Jy is mos jou lewe se eienaar
Tot jy die dood in die oë staar
Die lewe stap aan soos jou lewe agteruitgaan
Dit voel of niemand jou waardeer
So, as jy nou doodgaan
Wie gaan hulle ooit steur?
Jy voel soos kougom sonder geur
Mense gebruik jou net
dan spoeg hulle jou eenkant neer
Alleentyd maak seer, jy moet daaruit leer
Hou op jouself jammer kry!
Hou op dat geluk jou lewe vermy
(deur Johnwin van Reenen, gr. 12)
Johnwin het onlangs saam met die bekende skrywer, Hakkiesdraad in Mosselbaai opgetree.