Geagte ouers en leerders.
Die afgelope week is koppe bymekaar gesit oor die akademie. Vir Hoërskool Punt en sy personeel is ons kinders vir ons baie belangrik. Dinsdag sal die Akademiese vakspan ‘n “Zoom” konferensie hou en die laaste aspekte uittrap. Teen volgende week Maandag sal ons op al ons silinders hardloop om te kan begin met afstandonderrig. Dit gaan aspekte insluit soos kort video’s. Onderrig op Power Point, assesseringsopdragte ens.
Die kinders het genoeg werk vir hierdie week om mee aan te gaan. Dit is belangrik om te besef dat u kind hierdie werk asook die werk vanaf volgende week moet doen. Indien hul dit agterweë laat, gaan hul sukkel om in te haal as die skole begin. U kind moet ook seker maak dat hy/sy op al die WA groepe is wat vir elke vak gestig is. Indien nie, moet hul maats vra om met die onderwyser te kommunikeer om hul op die groep te sit. Vra ook die kinders om solank “Telegram” af te laai. My bekommernis is dat hulle nie al die videos en power points sal kan laai op hul fone nie. “Telegram stoor dit op ‘n “Cloud” vir latere gebruik. Dit behoort n maklike proses te wees om oor te skakel as ons so versoek. Dit is belangrik dat u vir u kind n roetine moet skep om hierdie werk te kan doen. Sit n bepaalde tyd uit elke dag wanneer dit moet plaasvind.
Speel asb n prominente rol in hierdie tyd en kontroleer u kind se werk. Ons het gelukkig nou die tyd. Ons weet op hierdie stadium nog nie wanneer die skool gaan begin nie. Wees egter verseker dat daar ‘n plan in plek sal wees om verlore tyd in te haal. Dit sal later met u gekommunikeer word.
Sterkte met alles.
Adolf Gouws