Die 2019/2020-prefekte het vanaf 13 – 17 September 2019 ‘n prefektekamp bygewoon.  Hierdie kamp is  deur Me. N. Schoeman en Mnr. R. Botha aangebied.  Die verskillende aktiwiteite is by die Riviera Hotel (Hartenbos) en ATKV Hartenbos aangebied en die leerders het hulself gate uit geniet!

Daar was onder meer spanbou-aktiwiteite en die kamp is met ‘n heerlike skattejag by ATKV Hartenbos afgesluit.

Baie dankie aan almal wat bygedra het om van die kamp ‘n onvergeetlike ervaring te maak.