Kontak Besonderhede


Faks: 044 691 3179
Tel: 044 691 2247
Sel: 082 563 1747
Epos: hspunt@mweb.co.za
Web: www.pointhighschool.co.za
HOËRSKOOL PUNT
POINT HIGH SCHOOL

Eksamen Rooster Junie 2012/ Exam Timetable June 2012

Junie 2012/ June 2012

Punt vs Stellenberg

Laai die wedstrydtye vir Stellenberg hier af.

MUURBAL PRESTEER

Ons is baie trots om aan te kondig dat dit met ons 8 SWD spelers baie
goed gegaan het in Bloemfontein. Hul spanne het goed gevaar en ons het
ook kennis gekry dat ons skool se spelers se gedrag puik was.

Zen-Marie Zwiegelaar (D/0/16)  is gekies om aan die IPT te Oos-Londen
te gaan deelneem. Louis Malan is as reserwe vir die S0/19 en FC Brand
as reserwe vir die S0/14-spanne gekies. Ons is baie trots op hierdie
spelers en glo dat ons twee reserwes ook tydens die Junievakansie aan
die IPT sal deelneem.

Op Woensdag 2 Mei 2012 het Punt teen Oakdale gespeel.

Die A liga en die C liga het tuis gespeel en die twee B Liga spanne
het op Riversdal gespeel.

Oakdale is vanjaar die sterkste skool in die SWD Muurballiga. Al die
spanne het ongelukkig verloor. Dit was egter nie so maklik nie en baie
van die potte het hul slegs met die nodige 2 punte gewen.

Ons is egter trots op ons spelers wat vir elke punt baklei het en met
vol vertroue die ander skole sal aanpak.

Woensdag 9 Mei het ons vir al die spanne 'n loslooitjie en sal die
spelers dus die geleentheid kry om mekaar uit te daag vir 'n hoër
posisie.

Woensdag 16 Mei speel ons as volg:

A liga Punt teen OHS tuis
B liga Punt  teen Knysna tuis
C liga Punt C teen Knysna op Knysna

Ons sal kyk of ons nie daardie wedstryd ook tuis kan speel nie.

LEERDERS WORD BELOON VIR PRESTASIE IN SPORT & KULTUUR

Hoërskool Punt het op Donderdag 26 April sy leerders wat prestee rhet in Sport en Kultuur beloon vir hulle prestasies vanjaar deur middle van Erekleuretoekennings.

Jo-Anne Cloete het Spesiale Erekleure ontvang vir haar insluiting in die SA Vroue Sokkerspan. Jané Weys (UNISA Gr 7) en Robyn Collins (Onderskeiding Royal Academy of Dance vir Ballet) het kleure ontvang vir Musiek. Adriaan Maarschalk en Anké van Zyl het Erekleure ontvang vir Tennis. Chanté Hoffeldt is met Erekleure beloon vir haar 4de plek by die SA Atletiekbyeenkoms. Anchen Streuderst, Cobus van den Bergh, Chanté Heiberg, Arnu van Wyk, Mari-Alet Smit en Marius Kuyler het Erekleure ontvang vir Tweekamp.

HOCKEY vs KNYSNA

On Saturday morning bright and early 6 hockey teams left to take on Knysna High in our first league matches.

It was a very long, but successful day overall.

 

The results are as follows:

 

u/14A boys lost 1-0 against a mixed u/16 team. 

u/14A girls won 3-0

u/16A girls had a great win of 5-0.

u/18B girls won 3-1

u/18A boys drew 0-0

u/18A girls won 1-0.

 

Thank you to all the supporters and coaches who accompanied the teams.

 

The matches against York will take place on 3 May, with the girls playing at home and the boys travelling to York.

The u/16 & u/18 trials take place on 4-5 May and the u/14 trials take place on Wednesday 9 May.

Natuurlewe klub: Outeniqua staproete 27 - 30 Mei

This weekend 28 of our learners did part of the Outeniqua hike near Knysna. We started on Thursday night and got some rain, but the rest of the weekend we had clear skies. Saterdagaand het meeste op 'n nagmars gegaan en kans gekry om die woud ook in die donkerte te waardeer. Daar is tot laat in die aand gesels en nuwe vriendskappe is gevorm. Well done to the four Gr.8 learners who completed their first hike successfully.

PUNT LEERDERS VOLTOOI ER24 NOODHULPKU​RSUS

Agter: Marilu Rademan, Riandi Vermeuelen, Bernadetet Baker, Saskia Ferreira, Alexa George, Suné de Swardt, Kobus Maree, Chad Chippe, Sheldon Lombard, Zen-Marié Zwiegelaar
Voor: Jo-Anne Cloete, Anké van Zyl, Charné van der Westhuizen, Mercia van der Mescht, Marlene Fouche (ER24 Opledidngskoordineerder), Meiiliska Nortje, Guiletté Stapelberg en Tarryn Abrahams het almal 'n Noodhulp Kursus by ER24 voltooi.

Suksesvolle Wear Art

Hoërskool Punt het op 19 April hulle jaarlikse Wear Art modeparade gehou. Al die klere is gemaak van afvalprodukte, soos papier, plastiek, vere, ou materiaal, ens. Hierdie produkte is op ‘n oorspronklike wyse herskep om klere van te maak. Elke Visuele Kuns-leerder in gr 10 – 12 was ‘n kans gegun om hulle ontwerpe te modelleer voor die gehoor. Met behulp van uitstekende beligting en gepaste musiek was die aand werklik ‘n geleentheid om te onthou. Daar word alreeds met geesdrif beplan aan volgende jaar se ontwerpe. Leerders kry ‘n kykie in die wêreld van ontwerp en kuns deur aan hierdie projek deel te neem. Die doel met hierdie geleentheid was om die gehoor te laat nadink oor die herskepping, hergebruik en herwinning van afval materiale.
FOTO’s deur Juan Robbertse


Tiffany Baxter modelleer haar eie ontwerpe

Al die graad 10, 11 en 12 Visuele kuns leerders met hulle skeppings.

Mev. R du Preez-Terblanche (organiseerder van die aand) saam met Raadsdame Marie Ferreira

Jessica Hanekom spog met haar skepping.

LEERDERS PRESTEER IN WKOD/ NEDBANK EKONOMIE OPSTELKOMPETISIE

Pascale Grard en Annegret Muller van Hoërskool Punt het deurgedring na die finale rondte van van die WKOD ? Nedbank Ekonomie Opstelkompetisie en was deel van die 17 genooides om hul eopstel van 4-6 bladsye in 'n 20 minute PowerPoint aan te bied. Annagret het in die top 12 geeindig en het sodoende 'n beurs van R75 000 gewen om by die R2 000 te voeg wat sy en Pascale reeds gewen het met die kompetisie.

Natuurlewe uitstappie

Jamie presteer by Streeks Nasionale Vlak 2 Swemgala

Jamie Nortje, het 7 medaljes op hierdie Nasionale gala losgeswem.  Die uitslae is soos volg:

Brons vir die 50 m Vlinderslag, silwer vir die 50 en 100 m Borsslag en die 50 en 100 m Rugslag en dan goue medaljes vir die 100 m Vlinderslag en die 200 m Individuele wisselslag.

Jamie is ook verder vereer verlede naweek om tydens ‘n Triaq Inter Provinsiale Gala tussen SWD, Boland, Westelike Provinsie en Grens, medaljes aan die ontwikkelingswemmers te oorhandig. 

Kwartaalprogram/ Term program

Bly op hoogte van beskikbare datums vir die kwartaal. Download these files to make sure you got all available dates for this term

Term program
Kwartaalprogram

JO-ANNE IN SA O/17 VROUE SOKKERSPAN

Jo-Anne Cloete, 'n Gr10 leerder van Hoërskool Punt, het die afgelope vakansie haar land verteenwoordig op internasionale vlak met O/17 Vroue Sokker. Die wedstryd teen Ghana was die 2de been van 'n kwalifiserende rondte vir die O/17 Sokkerwêreldbeker vir vroue. Die wedstryd het op 23 Maart in Accro, Ghana plaasgevind.

Jo-Anne is baie trots om haar land, sowel as haar skool. in grien en goud te kon verteenwoordig. Sy is 'n jong sportikoon en inspirasie vir alle jong dames wat belangstel in sokker.